Foto's.
Photos.
  • Philippolis
    Philippolis
    Philippolis lugfoto vanaf noordelike ingang

    Philippolis is geleë in die suid-wes Vrystaat. Die dorp het sy ontstaan te danke aan die stigting van 'n sendinggenootskap vir die Griekwa-bevolking in 1823. Dis dan ook die oudste dorp in die Vrystaat.

    Die beste uitsig oor Philippolis is waarskynlik vanaf die koppie waar die dorp se waterreservoirs is.

    Aerial view from the northern entrance

    Philippolis is a small town in south-west Free State. It was founded as a missionary outpost for the Griekwas in 1823 making it the oldest settlement in the Free State.

    The best view of Philippolis is probably from the hill where the town's water reservoirs are situated.

  • Voortrekkerstraat
    Philippolis
    Voortrekkerstraat

    Philippolis se hoofstraat soos gesien vanuit die kerktoring.

    Voortrekker street

    Bird's eye view of Philippolis' main street as seen from the church tower.

  • NG Kerk
    Philippolis
    NG Kerk

    Die Nederduitse Gereformeerde kerk is in 1871 ingewy. Die preekstoel, wat uit olienhout gesny is, is 'n besienswaardigheid in die dorp.

    NG Church

    The Dutch Reformed Church was inaugurated in 1871. The pulpit from olienhout is definately worth a visit.

  • Jacobson Biblioteek
    Philippolis
    Jacobson Biblioteek

    Dié Victoriaanse juweel, dalk die spoggerigste huis op die dorp, is luidens ’n verslag van die Raad vir Nasionale Gedenkwaardighede in 1905-'06 deur twee Nederlanders, Van der Kooy en Arrie, vir ’n plaaslike handelaar, Leonardus Bohen, gebou.

    Jacobson Library

    This Victorian jewel, perhaps the grandest house in town, was built in 1905-'06 by two Dutch men. According to the National Monuments Council they were Van der Kooy and Arrie.

  • NG Kerk roostuin
    Philippolis
    NG Kerk roostuin

    'n Kleine roostuin by die konsistorie van die NG Kerk.

    Dutch Reformed Church rose garden

    A small rose garden at the entrance of the consistory of the Dutch Reformed Church.

  • NG Kerk roostuin
    Philippolis
    Stellenbosch van die Vrystaat

    Karel Schoeman het Philippolis al beskryf as die "Stellenbosch van die Vrystaat". Met sy witgekalkte mure en erfenisgroen dakke, talle bome en leiwater erwe is dit nie moeilik om te verstaan waarom nie.

    The Free State's Stellenbosch

    Karel Schoeman once described Philippolis as the 'Stellenbosch of the Free State'. With plenty of white walls, heritage green rooftops, old oak trees and fountain water, it's not difficult to understand why.

  • NG Kerk roostuin
    Philippolis
    Nasional gedenkwaardighede

    Die kleine Philippolis het boonop die meeste nasionale gedenkwaardighede in die Vrystaat naas Bloemfontein en Bethlehem.

    National monuments

    Philippolis has the most national monuments in the Free State after Bloemfontein and Bethlehem.

  • Naweekhuisie
    Philippolis
    Hier is plek en die geraas min

    Waarom nie 'n naweekhuis aanskaf nie? Dit kan jou minder kos as die motor waarmee jy hierheen gery het. Hier is plek en die geraas min. En almal ken almal.

    Plenty of space, lots of quiet

    Why not get your own weekend house? It will probably cost you less than the car you drove here. There is lots of space, little noise pollution and everyone knows each other.

  • NG Kerk
    Philippolis
    NG Kerk

    Die N.G. kerk is by verre die imposantste gebou. Dit staan aan die bo-punt van die boomomsoomde Voortrekkerstraat, het tydens die Anglo-Boereoorlog as fort gedien, sy orrel is een van die beste noord van die Oranjerivier, die preekstoel is uit Suid-Vrystaatse olienhout gemaak sonder dat 'n skroef of spyker gebruik is, en ds. Tobie Muller het die heel eerste troue in Afrikaans in Suid-Afrika hier voltrek.

    Dutch Reformed Church

    The Dutch Reformed Church is the most majestic building in town and is found in the tree lined Voortrekker street. It served as a fort during the Anglo Boer War. Its organ is considered one of the best north of the Orange river. The pulpit is made from wild olive wood and no screws or nails were used in its construction. The first wedding in Afrikaans took place here by rev. Tobie Muller.

  • Sonsondergang
    Philippolis
    Sonsondergang

    Sonsondergange en –opkomste is gewoonlik eersteklas in die Karoo – veral as daar ‘n paar wolke in die lug is.

    Sun set

    Spectacular sunsets and sunrises are the norm in the Karoo.

  • Sonsondergang
    Philippolis
    Sonsondergang

    Sonsondergange en –opkomste is gewoonlik eersteklas in die Karoo – veral as daar ‘n paar wolke in die lug is.

    Sun set

    Sunset and -rise are usually first class in the Karoo - especially with a few clouds.

  • Uitsig vanaf heuwel agter die hoërskool
    Philippolis
    Uitsig vanaf heuwel agter Philippolis Hoërskool

     

    View from the hill behind Philippolis Secondary School